Tolgeld op tolpaaie gaan in Maart landwyd met sowat 8% verhoog word, het die nasionale padagentskap, Sanral, Vrydag aangekondig.
Nazir Ali, Sanral se uitvoerende hoof, sê die verhoging is deur Sibusiso Ndebele, die minister van vervoer, goedgekeur.
“Die tarief is aangepas om met die verbruikersprysindeks die afgelope twaalf maande tred te hou,” het Sanral se woordvoerder, Alice Matthews, gesê.
Die verbruikersprysindeks waarop die verhoging gegrond is, is die een tussen November 2009 en November 2009, naamlik 7,91%.
Dit is dié persentasie wat Sanral vir sy verhogings gebruik. Hy sal die prys egter tot die naaste rand afrond.
Oor die beplande tolgelde wat in Gauteng op oop paaie gehef gaan word, het Matthews gesê dit sal na verwagting in April 2011 in werking tree op die N1, N3, N12 en dele van die N17.
Tolgeld sal elektronies gehef word en motors sal nie by hekke hoef te stop nie.
