Die sekretaris-generaal van die VN, Ban Ki-Moon, sê rassisme en ander vorme van diskriminasie is nie net ‘n vergryp teen menseregte nie, maar ook ‘n versperring vir maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling.
Ban het sy opmerkings gemaak tydens die opening van ‘n geleentheid getiteld “Ras, Armoede en Mag,” wat gehou is om die 61ste herdenking van die aanvaarding van die Universele Verklaring van Menseregte te vier.
VN-amptenare in Irak, Afghanistan en Somalië het by Ban aangesluit in ‘n oproep vir groter vordering in die nakoming van die verklaring wat daarop gemik is om basiese menseregte vir almal te waarborg.
In Geneva het verskeie onafhanklike deskundiges wat die VN oor menseregte adviseer ‘n gesamentlike verklaring uitgereik wat waarsku dat pogings om diskriminasie te beëindig, tekort skiet en in sekere gevalle selfs omgekeer word.
