VF+ plak voor Tshwaneburgemeester se deur

Die burgemeester van die Tshwane-metroraad, Dr Gwen Ramokgopa, kan op 20 Februarie ‘n plakkerstent voor haar ampswoning in Pretoria te wagte wees.

Mnr Philip van Staden, die VF Plus se verteenwoordiger in die Wes-Moot, gaan voor die ampswoning plak in ‘n poging om die burgermeester te oorreed om  petisie dokumente in ontvangs te neem.

Die dokumente is deur 6 633  beswaarde inwoners van  Wes-Moot onderteken teen die verskuiwing van 17 344 plakkers vanaf Atteridgeville na Andeon-plotte.

Mnr. Van Staden probeer sedert  Maandag om ‘n afspraak by die burgermeester te bekom, maar sonder sukses.

In ‘n desperate poging het Van Staden gister ‘n dringende brief aan die burgermeester gestuur waarin hy haar versoek om voor 12:00 vandag op sy versoek te reageer. Geen reaksie is ontvang nie.

Van Staden  sê dit is belangrik dat burgemeester Ramokgopa ingelig word oor die inwoners van Wes-Moot se gevoel rondom die hervestiging van plakkers op hul voorstoep.

“Die inwoners het ‘n reg om met haar te praat en hul griewe te lug. Saam kan ons oplossings vind, maar ons kan dit nie alleen doen  nie mits sy tegemoedkomend is.”

Ondersteuners uitgenooi om mnr. Van Staden by sy tent voor die ampswoning te besoek.

best businesses on instagramАлександр Фильчаков Васильевич