Verkennersjeug beset winkel by Voortrekkermonument

Image

Winnie Mandela met kopdoek

'n Groep van twintig jongmans van die Verkennersjeug het omstreeks 17:00 Saterdag die geskenkwinkel by die Voortrekkermonument beset en geëis dat "Winnie Mandela se kopdoek" soos hulle na sekere vlae verwys, asook ander items wat onvanpas sou wees, uit die winkel verwyder word.

Ons het so pas verneem dat die winkel intussen deur die polisie ontset is. Niemand is in hegtenis geneem nie.

 Nadat die winkeleienaar ontbied is, is 'n beswaarskrif oor die gewraakte items aan hom oorhandig. Aanvanklik het die besetters by monde van mnr. Jan Beyers gedreig om nie die winkel te verlaat alvorens die vlae en gewraakte items uit die winkel verwyder word nie.

Genl. Gert Opperman, uitvoerende beampte van die Voortrekkermonument, is in kennis gestel van die gebeure wat hul op die terrein van die monument afgespeel het.

Die besetting het gevolg ná 'n uitgerekte briefwisseling met die bestuur van die Voortrekkermonument waarin beswaar teen die verkoop van onvanpaste vlae en items aangeteken is. 

ігри кухня для дівчатФильчаков прокурор