Bevolkingsaanwas in Afrika is buite beheer

Die jongste navorsing toon dat bevolkingsaanwas buite beheer is, veral in Afrika.

Selfs streng beperkings op geboortes, rampspoedige pandemies of ‘n derde wêreldoorlog sal nie Afrika se aanwas keer nie, sê navorsers.

Volgens die navorsing sal ‘n derde wêreldoorlog, wat soveel lewens soos die vorige twee wêreldoorloë saam sou eis, geen verskil maak nie.bevolking

Australiese navorsers se vooruitskattings voorspel dat die wêreld se bevolking van sewe miljard tot tien miljard aan die einde van die eeu sal groei.

‘n Professor aan die Universiteit van Adelaide, Corey Bradshaw sê sulke getalle is nie volhoubaar nie en die klimaat en omgewing sal daaronder lei.

Die verminderde verbruik van natuurlike hulpbronne en verbeterde herwinning sal ‘n beter kans op doeltreffende volhoubaarheid in die volgende 85 jaar gee as ‘n derde wêreldoorlog, het die studie getoon.

Daar was nege scenario’s tot en met die jaar 2100.

Professor Barry Brook, wat mede-leier van die studie was, het gesê dat ‘n vyfjaarlange wêreldoorlog skaars geregistreer het as ‘n remskoen op die menslike bevolkingstrajek vir hierdie eeu.

Die Tweede Wêreldoorlog het tussen 50 miljoen en 85 miljoen burgerlike en militêre lewens gekos, meestal wit. Dit is die meeste ooit in die wêreld se geskiedenis.

Meer as 37 miljoen mense is vermoedelik in die Eerste Wêreldoorlog dood.

Die bevindinge is gepubliseer in die tydskrif  Proceedings Of The National Academy Of Sciences. 

Volgens die navorsers sal korttermynplanne om die bevolkingsaanwas te bekamp, eweneens onsuksesvol wees.