Clive Derby-Lewis, Suid-Afrika se oudste politieke gevangene gaan die week om mediese parool aansoek doen.
Derby-Lewis is met terminale longkanker gediagnoseer na ‘n tweede onlangse aanval op hom in die tronk waar hy in die long met ‘n glasskerf gesteek is.
Derby-Lewis se vrou, Gaye, het verlede week bekendgemaak dat haar man met die siekte gediagnoseer is.
Die departement van Korrektiewe Dienste het Dinsdag gesê sy toestand is onveranderd.
Die 78-jarige Derby-Lewis sal vir nog ‘n week in die hospitaal bly. Hy sal van aanstaande maand af chemoterapie en bestraling ontvang.
Derby-Lewis en Janusz Walus is lewenslank tronk toe gestuur vir die moord op die hoofsekretaris van die SAKP, Chris Hani.
Derby-Lewis het reeds meer as 20 jaar van sy tronkstraf uitgedien.
