Britte dink swartes is minderwaardig sê Zuma

President Jacob Zuma sê mense wat nie die Zoeloekultuur verstaan nie, moet dit met hom bespreek, en nie bloot beledigend daarteenoor staan nie, berig die Cape Times.

Zuma het Dinsdag in Londen aangekom vir ‘n staatsbesoek aan Brittanje.

Hy sê hy is nie verbaas oor die Britse media se fel kritiek daarteen dat hy poligamie bedryf nie, omdat Britte nog altyd gedink het swartes is “barbaars” en “minderwaardig”.

“Toe die Britte in ons land aangekom het, het hulle gesê alles wat ons doen is barbaars, verkeerd en minderwaardig op elke manier. Ek is ‘n vryheidsvegter en ek het geveg om myself sowel as my kultuur te bevry, en om gerespekteer te word. Ek is baie duidelik oor dié kwesses. Ek het nog nooit neergekyk op enige kultuur nie. Niemand het die reg om ander te oordeel nie.”

Stephen Robinson, ‘n Daily Mail-joernalis, het na Zuma verwys as ‘n“seksmal fanatikus” en ‘n verleentheid vir sy gasheer.

дитячі машинкилобановский супермаркет класс