Suid-Afrikaners se lewensverwagting daal

Die gemiddelde Suid-Afrikaner sal nie langer as 50 jaar leef nie, en dié syfer word al laer.

Dit is die deel van die bevindinge van ‘n nuwe opname deur die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV).

Volgens SAIRV se jongste South-Africa Survey is die land een van slegs ses uit ‘n groep van 37 ontwikkelde en ontwikkelende lande waar die lewensverwagting tussen 1990 en 2007 gedaal het.

“Suid-Afrikaners se lewensverwagting het van 62 jaar in 1990 afgekom na 50 jaar in 2007,” het SAIRV gesê.

Die enigste land waar die lewensverwagting ‘n swakker kurwe toon, is Zimbabwe.

Volgens die opname was die lewensverwagting 51 jaar vir mans tussen 2001 en 2006, en 55 jaar vir vrouens.

KwaZulu-Natal het die laagste lewensverwagting by geboorte gehad in 2009 – 43 jaar. Die lewensverwagting van 47 jaar in die Vrystaat en Mpumalanga is die tweede laagste in die land.

Volgens die opname het dié drie provinsies ook van die hoogste persentasies MIV-infeksies, naamlik 16%, 14% en 14% onderskeidelik.

SAIRV verwag dat die lewensverwagting vir Suid-Afrikaanse mans en vroue tussen 2006 en 2011 onderskeidelik tot 48 en 51 jaar sal daal.

 

детектор лжи программаДанильченко Юрий Брониславович Харьков