Sjina wys spiere met milit?re hardeware

Sjina se vertoon van militêrehardeware by die land se primêrelugskou was ‘n waarskuwing aan sy industriële teenstaanders van sy globale ambisies as vervaardiger van verdedigingstoerusting, het analiste gesê.

Terwyl twee vierdegeslag J-10 vegvliegtuie vir die eerste keer aan die publiek vertoon is met verbyvlugte, het die handelsuitstallings gegons oor praatjies van nuwe missielsisteme en ander goed wat ten toon gestel was.

Sommige analiste glo dat Sjina se vermoë om oorsese tegnologie te kopieer, soos wat in talle industrieë in die laaste 20 jaar gesien word, binnekort hulle verdedigingsindustrie kan aandryf.

“Tien jaar gelede het hulle nie ‘n moderne vliegtuigindustrie gehad nie, nou het hulle begin om kopieë van ons vliegtuig te vervaardig” het ‘n Russiese verdedigingsbeampte gesê, wat anoniem wou bly.

“Hulle doen presies dieselfde wat hulle met tekstiel en speelgoed doen – leer hoe om dit te maak, maak dit goedkoper en ondergrawe dan die mark.”

Hy het gesê dat Sjina ongeveer 10 jaar weg is van die punt om hulle eie vegvliegtuigenjins te ontwikkel- hulle gebruik tans enjins wat deur die Russiese verdedigingsreus Sukhoi gemaak word, maar as hulle eers hulle eie kan ontwikkel, sal hulle ophou om oorsese tegnologie aan te koop.

“Hulle sal ophou om enige iets van oorsee af aan te koop en goedkoop Sjinese vegvliegtuie aan derdewêreldlande verkoop” het hy gesê.

Terwyl die Europese Unie en Amerika steeds sanksies het op die uitvoer van militêre toerusting teen heelwat lande, Sjina ingesluit, het Sjinese vervaardigers nie sulke beperkinge nie.

Verslae het aangedui dat Sjina militêre opleidingsvliegtuie aan Mianmar en Zimbabwe verkoop het, twee lande wat die ergste sanksies teen hulle het as gevolg van hulle swak rekords wat betref menseregteskendings.

Ten spyte van die vooruitgang is Sjina steeds desperaat om nuwe tegnologie in die hande te kry.

Sjinese amptenare het die groot Russiese verdedigingsuitstalling by Zhuhai besoek en gedetaileerde vrae gevra oor die nuwe Sukhoi-35 vegvliegtuig, wat vanjaar die eerste keer gevlieg het.

“Hulle het baie belangstelling getoon in alle aspekte van die vliegtuig, maar geen ooreenkoms om te koop is bereik nie” het Aleksey Poveshchenko, adviseur vir Sukhoi se direkteur generaal gesê.

“Ons is steeds besig met onderhandelinge en mag dalk in die komende maande iets sien gebeur.”

Trevor Moss, Asië en die Stille Oseaan redakteur van Jane’s, die verdedigingstuigtydskrif, het gesê dat hoewel Sjina steeds nie op die vlak is van top vervaardigers van verdedigingstoerusting soos Engeland en Amerika is nie, die skou hulle ontwikkeling goed vertoon het.

“Dit wys dat daar baie gesonde kompetisie is in die internasionale verdedigingsgemeenskap” het hy gesê, en die uitstallings van hardeware vergelyk met Sjina se eerste ruimteloop, wat in September gebeur het.

“Ten minste die helfte van die rede vir hulle ruimteprogram is nasionale trots – en ek glo dieselfde geld ook op die militêre kant van sake” het Moss gesê.

Sjina se ontwikkeling kan ook belangrike geopolitieke implikasies hê, wat deels die rede is dat Amerika versigtig is vir Sjina se vinnig groeiende militêre begroting, het hy bygevoeg.

“Mens het gesien dat Amerika probeer om met lande soos Indië en Japan saam te span om ‘n skans te vorm teen Sjina”, het Moss gesê.

Amerika se houding het Pakistan in Sjina se arms ingestoot, wat duidelik is met die gesamentlike uitstalling van Sjina en Pakistan by Zhuhai, en die voortdurende samewerking tussen die twee lande op die JF-17 vegvliegtuig.

“Dit was ‘n langtermynverhouding en gaan in die toekoms nog belangrik wees” het ‘n Pakistani lugmaggeneraal gesê wat nie sy naam genoem wou hê nie.

“Die verhouding het gegroei, die projek (FJ-17) wys dit baie duidelik” het hy gesê.

Sjina se begeerte om soewereiniteit oor Taiwan te verkry, nadat die twee in 1949 na ‘n burgeroorlog verdeel het, bly ‘n groot dryfveer van militêre beleid, en verduidelik die nuwe trots in sy gevegshardeware.

Taiwan is steeds die mees belangrike ding in Sjina se militêre denke, het Moss gesê.

Beijing het meer as 1000 missiele wat op die eiland gemik is, en het beloof om dit weer terug te neem, met geweld indien nodig, veral as die eiland dit sou waag om onafhanklikheid te verklaar.                   

люстрыФильчаков прокурор харьков