Dwelmmisbruik kos SA miljarde

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Raad vir Alkoholisme en Afhanklikheid van Verdowingsmiddels (Sanra) sê dwelmgebruik in die werkplek het “epidemiese afmetings” bereik en kos die Suid-Afrikaanse ekonomie jaarliks miljarde rande.

Shamin Garda, direkteur van Sanra, het Woensdag gesê maatskappye ly ‘n groot verlies in terme van werksure en produktiwiteit weens dwelmgebruik onder werknemers.

Die mees gewilde dwelm onder sakepersone is kokaïen, maar goedkoper dwelms soos Cat en tik word al hoe meer gebruik.

“Baie maatskappye het Sanra genader om rehabilitasieprogramme vir werknemers aan te bied.”

 

designer bridal accessoriesФильчаков прокурор отзывы