Barry Tannenbaum (43), seun van Adcock Ingram se stigter Harold Tannenbaum, sit glo agter die skema.
Volgens die Financial Mail, het Tannenbaum sy maatskappye Frankel International en Frankel Chemical Corp gebruik om beleggers om die bos te lei.
Tannenbaum het blykbaar aan beleggers gevra dat hulle slegs by Frankel International Frankel Chemicals belê, in ruil vir 'n opbrengs van 200% per jaar.
Tannenbaum en sy Johannesburgse prokureurs Dean Rees en Darryl Leigh was by die bedrogspul betrokke. Rees en Tannenbaum wys egter nou vinger na mekaar om verantwoordelikheid te probeer ontduik.
Frankel se maatskappye het glo farmaseutiese produkte in- en uitgevoer en is gebruik deur vervaardigers van generiese medisynes. 'n Groot deel van die ingevoerde materiaal is gebruik in die vervaardiging van antiretrovirale middels.
Tannenbaum het aan sy beleggers bestellings van Adcock Ingram, Aspen en Novartis gewys. Hy woon tans in Australië, terwyl Rees in Switserland woon.
Pick n Pay se vorige HUB, Sean Summers, was ook deel van die skema. Alhoewel hy R20 miljoen in die skema belê het, het hy niks verloor nie.
Slagoffers van die skema is egter Allan Rock, 'n professionele tennisafrigter, rekenmeester Howard Lowenthal en makelaar Wayne Gadden. Uraj Tewary, wat 'n inbelsentrum bestuur, het al sy vrou se pensioengeld en verder al die gesin se bates in die skema belê.
Sy vrou, wat swanger is, kan tans geen sorg bekostig nie, want volgens Tewary het hulle nie meer 'n sent nie.
