Reitz-sluiting die maklike uitweg, s? studenteleier

Deur Reitz-kamerwonings te sluit, kies die UV-bestuur nou die maklikste uitweg en doen weereens 'n onreg aan die Uninversiteit van die Vrystaat se naam. So sê Wouter Wessels, leier van die VF Plus Kovsies.

Volgens Wessels is die tydsberekening van hierdie besluit totaal en al verregaande.  Dit is onaanvaarbaar dat studente in die middel van ‘n eksamen ontwrig word met die spanning van onder andere alternatiewe akkommodasie soek.  Ander studenteliggame word ook weereens ontwrig weens die feit dat hulle nou tydens ‘n eksamen moet vergader rondom hierdie aangeleentheid.  Die UB het dus geen agting vir die akademiese atmosfeer aan die UV nie.  Wessels meen dat dit strategies van die UB is om hierdie besluit tydens die eksamen te maak. 

Jan van Niekerk, Provinsiale jeugleier in die Vrystaat, het die UB se besluit om Reitz-kamerwonings te sluit, ten sterkste veroordeel. “Die VF Plus Kovsies het in die verlede gepleit dat ‘n hele koshuis nie gestraf moet word vir enkele individue se foute nie.  Studente, wat hulle aan geen moontlike oortreding skuldig gemaak het nie en deur geen liggaam aan die UV verhoor en skuldig bevind is nie, word nou gestraf.”

Deur hierdie koshuis te sluit, het die UB weereens bewys dat hulle niks anders as ‘n speelbal in die ANC se hande is nie.

Die besluit om Reitz-kamerwonings te sluit, is nie ‘n effektiewe oplossing vir die probleem nie.  Dit is uiters kommerwekkend dat hierdie maklike uitweg gekies word.  Die regte van die inwoners van Reitz word deur hierdie besluit ondermyn. Die UV-bestuur fouteer weereens deur nie ‘n regverdige konsultasieproses te volg nie.

Die VF Plus Kovsies beskou dit as onaanvaarbaar dat daar nou so drasties teen die onskuldige inwoners opgetree word, maar dat daar steeds geen optrede teen die SASCO-leierskap was nie. SASCO-ondersteuners het klasse ontwrig ten spyte van ‘n hofinterdik wat sulke optrede verbied het.

‘n Hoëvlakafvaardiging van die VF Plus-jeug sal Vrydag die kampus besoek en ook met die studenteraad hieroor vergader.

mobile casino real money no depositДанильченко Харьков