Rebellegroepe in Sirië het gesê vredesonderhandelinge met die regime van pres. Basjar al-Assad sal op “hoogverraad” neerkom.Gevegte het Sondag voortgewoed in die provinsie Homs. Die rebelle is Soennie-moslems wat deur die Weste en Saudi-Arabië befonds word wat van die Sjihitiese regime ontslae wil raak.
Intussen het ’n die Verenigde Nasies se waghondliggaam oor chemiese wapens gesê Al-Assad se regering het wel ’n volledige plan vir die vernietiging van sy chemiese wapens voorgelê, soos vereis word ingevolge ’n ooreenkoms wat in September deur Rusland en die VSA bemiddel is.
Vredesonderhandelinge word in November in Genève, Switserland, gehou, maar daar is weinig steun onder die verskeie rebellegroepe.
In ’n verklaring wat deur 19 Islamitiese groepe onderteken is, sê hulle die sogenaamde Genève 2-konferensie “is nie ons mense se keuse of ons rewolusie se eis nie, en sal dit nooit wees nie”.
Die verklaring is in ’n aanlyn video voorgelees deur die leier van die Soekoer al-Sjam-brigade.
Daarin word gedreig dat enigeen wat die konferensie bywoon, hoogverraad pleeg en “daarvoor sal moet antwoord voor ons howe”. – Sapa
