Een man is doodgeskiet en nog een is beseer gedurende ‘n skietery naby Randburg na ‘n beweerde kaping Donderdagoggend, het polisie in Johannesburg gesê.
“Die twee mans het ‘n vrou se motor in Kempton Park gekaap en weggery met haar vierjarige seuntjie. Polisie het ‘n opsporingsein gevolg en die verdagtes op Malibongwe-rylaan naby Randburg ingehaal,” het insp. Balan Muthan gesê.
“’n Skietery het uitgebreek ndat die verdagtes die polisie gewaar het. Een van hulle is doodgeskiet, terwyl ‘n ander een beseer is.”
Daar is beslag gelê op twee vuurwapens in die motor en die beseerde man is onder polisiebewaking na die hospitaal geneem.
Die kind is daarna die Ivory Park polisiestasie geneem waar hy weer met sy ma verenig is.
Die oorlewende verdagte is aangekla van kaping, poging tot moord en ontvoering.
