Sokkerstadions vir Wêreldbeker dalk nooit voltooi

fifabrazilDie organiseerders van die FIFA-wêreldbekertoernooi in Brasilië het nog ‘n stadion vir die sokkerskouspel voltooi.

Daar is egter min rede tot vreugde weens die vrees dat die oorblywende vyf stadions dalk nooit voltooi sal word nie.

Die organiseerders het erken dat daar ‘n groot risiko bestaan dat geen wedstryde in Curitiba in die suide van die land sal kan plaasvind nie.

Die stadion in Sao Paulo, waar die openingswedstryd op 12 Junie moet plaasvind, is ook nog in aanbou.

Dit is ‘n reuse verleentheid vir Brasilië en vir FIFA omdat vorige waarskuwings oor die land se gereedheid vir die sokkerskouspel geïgnoreer is.

Meer as een miljoen kaartjies is reeds verkoop. – RSG