Sokkerstadions vir Wêreldbeker dalk nooit voltooi

fifabrazilDie organiseerders van die FIFA-wêreldbekertoernooi in Brasilië het nog ‘n stadion vir die sokkerskouspel voltooi.

Daar is egter min rede tot vreugde weens die vrees dat die oorblywende vyf stadions dalk nooit voltooi sal word nie.

Die organiseerders het erken dat daar ‘n groot risiko bestaan dat geen wedstryde in Curitiba in die suide van die land sal kan plaasvind nie.

Die stadion in Sao Paulo, waar die openingswedstryd op 12 Junie moet plaasvind, is ook nog in aanbou.

Dit is ‘n reuse verleentheid vir Brasilië en vir FIFA omdat vorige waarskuwings oor die land se gereedheid vir die sokkerskouspel geïgnoreer is.

Meer as een miljoen kaartjies is reeds verkoop. – RSG

6 thoughts on “Sokkerstadions vir Wêreldbeker dalk nooit voltooi”

    1. Soos die een by Nelspruit. Daar is geen sokker- of rugbyspan in die omgewing met genoeg ondersteuners om dit naastenby lewensvatbaar te maak nie. Nou word dit maar so een maal ‘n jaar gebruik vir politiek. Maar net vir uitgesoekte ANC lede wat nie sal boe nie.

    2. Weer ‘n lekker manier om klomp geld uit die staatskas te smokkel vir witolifante. Plaas hulle eerder daai geld op die paaie spandeer het dan was daar darem iets bruikbaar (ek dink ek verstaan nou hoekom e-trol so belangrik is. Die stadions het die geld gesluk en die regering sit met ‘n porbleem om dit terug te kry.)

      1. Is so Rooikop en ek wonder wat was die verliese in rand en sent met die wêreldbekertoernooi. Wat ek Sepp Blatter wil toegee is dat misdaad minimaal was, die vervolgings was blitsvinnig en toe was al die gewerkery op die snelwee spoedig ook klaar..

Maak 'n opvolg-bydrae