Nog Gupta-tentakels ontbloot

Etiese kwessies rakende die Guptas se tentakels wil maar net nie wyk nie. Dit wil al hoe meer voorkom asof Suid-Afrika deur ‘n buitelandse groep Indiërs oorgeneem is.

Die brandarm familie van Atul Gupta wat in 1993 hier aangeland het uit Uttar Pradesh, Indië, ‘n jaar voor die verkiesing van Nelson Mandela, is vandag miljardêrs.

Hulle het uraan-, goud- en steenkoolmyne aangekoop, ‘n luukse wildsplaas, ‘n ingenieursmaatskappy, ‘n koerant, ‘n rekenaarbedryf, en ‘n 24-uur nuus TV-stasie gebou met belastingbetalers se geld.

Die magtige Guptas besluit klaarblyklik selfs oor die aanstellings in die parlement.

In die jongste voorval moes Jacob Zuma reageer op die nuwe herrie oor die pasryk Indiese immigrante wat ontketen is deur ‘n sosiale mediagesprek.

Die voormalige parlementslid, Vytjie Mentor is glo ook deur die Indiërs genader omdat hulle haar wou “koop”.

Mentor het in ‘n inskrywing op Facebook gesê die Gupta-familie haar die pos van minister van openbare ondernemings aangebied. Die president was glo in ‘n ander vertrek.

Sy beweer dat die Guptas het gesê solank sy haar steun aan een van hul maatskappye toesê, is die werk hare.

Zuma sê in ‘n kort verklaring hy kan glad nie onthou wie Mentor is nie en kan daarom nie enige kommentaar lewer op bewerings oor haar beroepslewe nie.

Die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee sal glo die naweek die beweerde invloed van die Gupta-familie op aanstellings in kabinetsposte bespreek.

Die ANC en die adjunk sekretaris-generaal van die party, Jessie Duarte het intussen ‘n klag by die pers Ombudsman teen ‘n Sondagblad gelê.

Die Sunday Times het die afgelope naweek berig dat Duarte die adjunk-minister van finansies, Mcebisi Jonas die ministerspos aangebied het.

Die koerant het ook berig dat Jonas twee weke voor Nhlanhla Nene afgedank is met die Gupta familie en president Jacob Zuma se seun, Duduzane vergader het en hom die pos onder sekere voorwaardes aangebied het.

Die ANC se woordvoerder, Zizi Kodwa sê hulle eis dat die koerant verskoning vra omdat Duarte onregverdiglik by die berig betrek is.

Kodwa het die berig as skinderpraatjies beskryf.

Twee ANC-dokters by Raad vir Gesondheidsberoepe aangekla

Dr Ramlakan, regs
Dr Ramlakan, regs

Twee ANC-dokters gaan by die Raad vir Gesondheidsberoepe (RGSA) weens onetiese gedrag aangekla word weens hul berokkenheid by terreur teen burgerlikes.

Klagtes is teen lt.genl. Veejay Ramlakan, voormalige geneesheer-generaal, en dr. Sibongiseni Dhlomo, KwaZulu-Natalse LUR vir gesondheid, ingedien, het Beeld berig.

Alhoewel die twee in 2001 amnestie by die Waarheid-en-Versoeningskommissie (WVK) gekry vir bomme wat hulle in 1985 in opdrag van Umkhonto weSizwe (MK) geplant het, was hulle destyds in 1985 praktiserende dokters.

Hulle is steeds op die RGSA se rol as mediese dokters geregistreer.

Dr Wouter Basson se straf sal eersdaags bekend word, nadat hy vroeër deur die RGSA aan onetiese gedrag skuldig bevind is.

Ramlakan was ten nouste betrokke by terreur tydens MK se Operasie Butterfly. Hy was ook Nelson Mandela se geneesheer.

Operasie Butterfly het die ANC se gewapende politieke terreurveldtog teen onskuldige burgerlikes gemik deur supermarkte, poskantore en winkelsentrums met bomme te teiken.

Hulle het die bomme glo in opdrag van hul bevelvoerders geplant.

Basson het as hoof van die chemiese en biologiese oorlogvoeringprogram eweneens die opdragte van sy bevelvoerders uitgevoer.

Die WVK het die twee MK-lede se optrede as geregverdig verklaar. “Hulle het dalk roekeloos opgetree en ontploffings veroorsaak waarin mense dood of beseer is.

“Dit is een van die tragedies van ’n vryheidstryd dat daar altyd ongevalle sal wees,” lui die verslag.

Hieruit is dit steeds nie duidelik hoe die Boeremag se optrede nie die WVK se goedkeuring wegdra nie

Die uitvoerende hoof van die RGSA het bevestig dat die klagte teen die twee MK-operateurs ontvang is.