Onbehandelde parasietinfeksies raak swartes

ImageDr. Peter Hotez, 'n deskundige by die Washington-universiteit in die VSA, sê siektes wat deur wurms en parasiete veroorsaak word, is besig om die gesondheid en energie van swart Amerikaners te dreineer.

Sulke siektes mag selfs 'n groter probleem in die VSA raak as gevolg van klimaatsverandering.

Malaria wat met mynwurm en pellagra, 'n vitaminetekort, gepaard gaan, het 'n generasie van anemiese, swak en onproduktiewe kinders en volwassenes geproduseer, sê Hotez.

Parasietsiektes het tans 'n soortgelyke uitwerking.

Toksokariase, 'n rondewurmparasiet wat deur honde-ontlasting oorgedra word, het tot 2,8 miljoen arm swart kinders in die middestede van suidelike Amerika besmet.

Hotez noem die gebrek aan behandeling vir sulke siektes 'n onbedoelde vorm van rassisme.

In Suid-Afrika beskik die Xhosa-bevolking in die Ooskaap oor die hoogste koers van lintwurmbesmetting.

трековые светильники екатеринбургпрокурор харьковской области