BBC in die pekel oor gayteregstelling

‘n Debat op ‘n BBC-webwerf oor die teregstelling van homoseksuele mans en vroue in Oeganda loop onder politici deur.

Die Britse uitsaaier het ‘n debat op sy webwerf, onder Africa have your say, begin om die voorgestelde wetgewing in Oeganda waarvolgens mense ter dood veroordeel kan word vir homoseksuele dade, te bespreek.

Die debat nooi gesprek uit oor die vraag of die wetgewing te ver gaan en of daar hoegenaamd wetgewing teen gays behoort te wees.

Britse politici het egter Woensdag gesê die BBC behoort nie die teregstelling van gays as ‘n gesprekpunt te benader nie.

‘n Wetgewer vir die land se opposisie, Lynne Featherstone, het aan die uitsaaier geskryf dat die kommentaar op die debat bewys hoe die gesprek “bloot olie op die vuur gooi”.

 

палатка купитилобановский александр