Obama-veldtogbestuurder kry sewesyferboekkontrak

Barack Obama se veldtogbestuurder, David Plouffe, het ingestem tot 'n sewesyferooreenkoms om 'n boek te skryf oor verlede jaar se presidensiële verkiesing. "The Audacity to Win: The Inside Story and Lessons of Barack Obama's Historic Victory" sal rondom September deur Viking uitgegee word.

Luidens 'n verklaring wat Woensdag deur Viking uitgereik is, sal die boek 'n unieke, hoëvlakverslag lewer oor onder andere “die samesprekings rondom deelname ondanks skraal kanse, die verbete primêre stryd met Hillary Clinton, die drama van die algemene verkiesingsveldtog teen John McCain en die strategiese roetes wat geneem is – en nie geneem is nie … Die boek sal ook die lesse uiteensit wat geleer is met die vorming van 'n nuwe onderneming ter waarde van $1 miljard – die gebruik van tegnologie, krisis bestuur, voetsoolvlak- en personee bestuur.” Viking is 'n druknaam van die Penguin Groep (VSA).

Belangstelling in Plouffe se boek is sterk. Die Obama-veldtog het nie net die meeste geld nóg ingesamel vir 'n presidensiële veldtog nie -ongeveer $750 miljoen- maar dit word wyd en syd geloof as die mees gesofistikeerde en bes georganiseerde veldtog. Plouffe se literêre verteenwoordiger, die Washingtonse advokaat Robert Barnett, het aan Associated Press gesê dat 17 drukname (sommige vanuit dieselfde uitgewer) om sy boek meegeding het.

“Vir dié van ons wat Obama-ondersteuners was en wat dwarsdeur die veldtog dosyne, indien nie honderde, e-posse ontvang het, voel dit asof jy hierdie man ken en dat jy meer wou weet,” het die president van Viking, Clara Ferraro, aan AP gese. “Sy e-posse was baie inspirerend en opreg. Ek sou een van hulle lees en dink: 'hierdie veldtog is so slim.'” Sommige van daardie e-posse mag dalk in die boek beland, het Ferraro gesê.

Ferraro en Barnett het geweier om finansiële besonderhede te gee, maar twee uitgewers het gesê dat die aanbod minstens $1,5 miljoen tot $2 miljoen gehaal het. Die twee woordvoerders het gevra om nie geëdentifiseer te word nie, siende dat hulle nie onderhandelinge mag bespreek nie.

Barnett het al op menige miljoendollarkontrakte gewerk; sy kliënte sluit in president Barack Obama, voormalige president Clinton en voormalige eerste dame Laura Bush.
воронеж стробоскопылобановский александр игоревич