Die VSA se president, Barack Obama, het die begrotingsrekord vir eerstejaarpresidente verpletter deur amper dubbeld soveel as sy voorganger te spandeer as dié toe hy die amp oorgeneem het, en hy het by verre die eerstejaarrekening van enige Amerikaanse president in geskiedenis oorskry.
In fiskale 2009 het die federale regering $3,25-triljoen gespandeer – in vergelyking met $2,8-triljoen in 2000, wat as maatstaf dien. Die fiskale jaar dek die laaste drie-en-‘n-half maande van George W. Bush se termyn en die eerste agt-en-‘n-half maande van Obama s’n.
Die prysetiket kom met ‘n $1,4-triljoen tekort, amper ‘n triljoen dollars meer as verlede jaar s’n. Die algehele begroting was amper ‘n halftriljoen dollars groter as Bush s’n vir 2008, sy laaste jaar in die amp.
Dis ‘n groot toename. Maar in vergelyking met ander presidente se eerste jaar in die amp is Obama loshande voor.
Bush het $1,8-triljoen in 2001 uitgegee, volgens die regering se begrotingsyfers wat aangepas is vir inflasie gebaseer op dollars in 2000. In vergelyking, het Bill Clinton $1,6-triljoen in 1993 spandeer.
