New Jersey is VSA se rampokkerstaat

Vier-en-vertig mense is Woensdag regoor die Amerikaanse deelstaat New Jersey in hegtenis geneem vir omkopery, geldwassery, handel in menslike organe en sluikhandel. FBI-agente en die IRS (Ontvanger van Inkomste) het toegeslaan op sinagoges, regeringskantore en 'n Joodse skool.

Onder die mense wat gearresteer is, is rabbi's, burgemeesters en 'n lid van die deelstaat se laerhuis. Federale agente het die kriminele netwerk as diep ingewortel en uitgebreid beskryf.

Die Federale Ondersoekagentskap het deur 'n informant wat voorheen vir bankbedrog aangekla is, die netwerk geïnfiltreer. Die informant het hom voorgedoen as 'n eiendomsontwikkelaar wat aan politici omkoopgeld sou betaal sodat openbare boukontrakte aan hom toegeken word.

Die FBI se informant het ook gehelp om die rabbi's aan te keer wat die sinagoges se liefdadigheidsorganisasies gebruik het om geld te was. Die netwerk het ver buite die grense van New Jersey en die VSA na Switzerland en Israel gestrek.

Die hoofrabbi van die Siriese Joodse gemeenskap in die VSA, Saul Kassin, is ook aangekeer.

Jon Corzine, die goewerneur van New Jersey, het die uitgebreide kriminaliteit veroordeel en gesê dit is verregaande en sal nie geduld word nie. Die FBI se hoofondersoekbeampte het gesê die staat gaan onder die ergste moontlike korrupsie van alle deelstate in die VSA gebuk.

In 1980 is New Jersey se Senator David Friedland gevonnis vir omkopery en later omdat hy 'n pensioenfonds besteel het. Voordat hy tronk toe kon gaan, het hy sy eie dood opgevoer deur voor te gee dat hy in 'n duikongeluk omgekom het. Friedland is twee jaar later egter op die Maldiveseilande opgespoor waar hy in weelde geleef het.

купить шапку для девочки в интернет магазинеЛобановский