‘n Fransman met ‘n nare plan…

Om bedelaars te verhoed om die middedorp te ontsier, het die burgemeester van Argenteuil, Frankryk, ‘n ordonansie uitgereik op 6 Augustus wat sal geld tot 2012. Die UMP-bergemeester, George Mothron, het ook nie daar opgehou nie. Werknemers van die munisipaliteit, wat graag anoniem wil bly, het nou met die hele sak patats vorendag gekom.

Die burgemeester het naamlik in Julie ‘n chemiese produk aangekoop wat bedelaars en dakloses uit die dorp sal hou. Die werknemers van die munisipaliteit is aangesê om die produk oral in die middedorp aan te wend waar ongewensdes aanwesig is. Die produk staan bekend as Malodore, wat min of meer as slegruik beteken.

Nadat die munisipale werkers egter die aanwysings op die kartonverpakking gelees het, het hulle besluit om die opdrag nie uit te voer nie. Daar staan "dat die produk toksies is en ‘n irritant en dat ‘n mens dit nie moet inasem nie," sê die anonieme werknemer. Werknemers "sal graag van rotte ontslae raak, maar nie dakloses nie", het die persoon bygevoeg.

Uiteindelik is die produk direk aan die skoonmakers oorhandig wat dit op "probleemareas" aangewend het. Volgens die vervaardiger, Firchim, is dit nie "gevaarlik" nie. Die konsentraat moet eers verdun word en dan aangespuit word. Dit veroorsaak naarheid en die behandelde areas is vir ten minste ‘n paar weke ontoeganklik.

Sedert 2005 stel die burgemeester van Argenteuil maatreëls vas sodat bedelaars nie die middedorp binnekom nie. Die owerhede het in 2005 egter so ‘n maatreël geskrap wat verwys het na die "abnormale olfaktiewe steuring" wat daklose mense veroorsaak.

новогодний костюм ёлочкилобановский александр компромат