Aanslag van multinasionale farma is volksmoord, sê minister

farmaMinister van gesondheid, Aaron Motsoaledi sê ‘n beplande veldtog deur multinasionale farmaseutiese maatskappye teen die voorgestelde Suid-Afrikaanse patentwette is “volksmoord”.

” Hierdie dokument kan baie Suid-Afrikaners ter dood veroordeel ,” het hy gesê. “Dit is geen oordrywing. Dit is ‘n plan vir volksmoord.”

Die Mail & Guardian het Vrydag berig dat die dokument glo opgestel is deur ‘n drukgroep genaamd Public Affairs Engagement ( PAE ) namens ‘n aantal multinasionale farmaseutiese maatskappye wat in Suid-Afrika sake doen.

Die multinasionale maatskappye word deur die Innovative Pharmaceutical Association of SA (Ipsa) verteenwoordig.

Volgens die koerant is die gedeelte van die konsepbeleid rakende gesondheid gemik om die beskerming vir dwelmpatente af te water.

Dit kan pryse vir ‘n verskeidenheid van medisynes, insluitend anti-retrovirale middels en tuberkulose-behandeling raak.

Die Mail & Guardian berig dat PAE poog om die openbare diskoers rondom die beleid te rig deur middel van ‘n massiewe openbare betrekkinge oefening van buite die land .

Die PAE wil Suid-Afrika se beleggingsmoontlikhede daardeur saboteer en ‘n negatiewe ekonomiese en maatskaplike beeld van die land probeer vestig.

Ipsa het glo aan die koerant gesê hulle wil “oop debat” oor die voorgestelde wetgewing aanmoedig.