Aanslag van multinasionale farma is volksmoord, sê minister

farmaMinister van gesondheid, Aaron Motsoaledi sê ‘n beplande veldtog deur multinasionale farmaseutiese maatskappye teen die voorgestelde Suid-Afrikaanse patentwette is “volksmoord”.

” Hierdie dokument kan baie Suid-Afrikaners ter dood veroordeel ,” het hy gesê. “Dit is geen oordrywing. Dit is ‘n plan vir volksmoord.”

Die Mail & Guardian het Vrydag berig dat die dokument glo opgestel is deur ‘n drukgroep genaamd Public Affairs Engagement ( PAE ) namens ‘n aantal multinasionale farmaseutiese maatskappye wat in Suid-Afrika sake doen.

Die multinasionale maatskappye word deur die Innovative Pharmaceutical Association of SA (Ipsa) verteenwoordig.

Volgens die koerant is die gedeelte van die konsepbeleid rakende gesondheid gemik om die beskerming vir dwelmpatente af te water.

Dit kan pryse vir ‘n verskeidenheid van medisynes, insluitend anti-retrovirale middels en tuberkulose-behandeling raak.

Die Mail & Guardian berig dat PAE poog om die openbare diskoers rondom die beleid te rig deur middel van ‘n massiewe openbare betrekkinge oefening van buite die land .

Die PAE wil Suid-Afrika se beleggingsmoontlikhede daardeur saboteer en ‘n negatiewe ekonomiese en maatskaplike beeld van die land probeer vestig.

Ipsa het glo aan die koerant gesê hulle wil “oop debat” oor die voorgestelde wetgewing aanmoedig.

6 thoughts on “Aanslag van multinasionale farma is volksmoord, sê minister”

  1. Ek dink dit gaan oor patentregte van duuuuur medisynes wat ontsaglike winste genereer.
    Die regering wil seker [behoort] hierdie monopolistiese ding te reguleer sodat goedkoop ekwivalente van dieselfde gif gebruik mag word.

    Die duur gepatenteerde medisynes word aan die Staat op tender verkoop teen onder kosprys – belaglik goedkoop – En in die staatsklinieke grootskaals vermors deur verpleegkuniges sonder enige apteker of doktersvoorskrifte.

    Dit sal MOET aandag kry want die hele reseptering van meds deur dokters , aptekersindustrie van kleinhandel tot vervaardiging is in groot ongrondwetlike chaos gedompel nadat die belaglike sogenaamde resepteringslisenies van dokters as ongrondwetlik bevind is en asteware ‘n wiegiedood gesterf het.

    Die kleinhandel aptekersindustrie is ‘n duur en onwinsgewende gemors omrede dit deur kleinhandel – kettingwinkels oorgeneem is..

    Reseptering deur die primêre versorger naamlik die dokter self kan nie vervang word nie en was ‘n volkome ramp wat nou reggestel moet word.

  2. Daar in Openbaring 9:21 waar God sê dat die mense hule van, onder andere, towerye moet bekeer; daardie towerye se oorspronklike woord is volgens Strongs konkordansie “pharmakeia.” Hmmm, beteken Groot Pharma dan Groot Towerye?

  3. een voorstel voor een apart ministerie voor verkrachtingszaken zal wel tegen het zere been zijn en in botsing komen met alle andere ministeries welke een flink belang hebben in ‘crime’ als grootaandeelhouders.
    De goede zorg van de 3 presidenten sinds 1994 heeft voorkoming moedwillig uitgesloten.
    Het advies aan de pharma takken van de verschillende stammen is : breng een pil op uw markt die verkrachtingen en standaard seksuele vergrijpen tempert. En als u dan toch bezig bent zoek naar een pil die de hang naar misdaad als geheel onderdrukt. En een pil die de schuld van roekeloosheid bij anderen neerleggen verminderd.
    Mag beste brave Aaron er in de testfase een paar per dag nemen.
    Zachte heelmeesters maken stinkende wonden.

Maak 'n opvolg-bydrae