Meer as duisend agter tralies oorsee

Sowat 1062 Suid-Afrikaanse burgers sit oorsee agter tralies, het Maite Nkoana-Mashabane, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, gesê.

Sowat 691 (65%) mense is in die tronk weens dwelmverwante oortredings. Hiervan is 362 manlik en 329 vroulik.

Geen van die Suid-Afrikaners het enige kans om hul vonnis in Suid-Afrika uit te dien nie, omdat die regering nie onderhandelinge aangaan om gevangenes te skuif nie.

Na bewering is daar sowat 177 Suid-Afrikaners in Brasilië in die tronk, 109 in die Verenigde Koninkryk, 66 in beide Peru en Botswana, 56 in Australië, 53 in Lesotho, 49 in Swaziland, 47 in Argentinië, 42 in Pakistan, 41 in Venezuela, 25 in Namibië en 24 Spanje.

Daar is ook verskeie Suid-Afrikaners in aanhouding in Mauritius, Indië, Afganistan, Amerika, Kanada, China, Hong Kong, Japan, Nieu-Seeland, Suid-Korea, Thailand, Chili, Trinidad en Tobago, Bolivia, Ecuador, Costa Rica, en die Verenigde Arabiese Emirate.

 

сварочныелобановский александр досье