Mboweni neem afskeid met rentoekoersverlaging

Die Reserwebank het Donderdag, ten spyte van hoë inflasie, rentekoerse met ’n halwe persentasiepunt afgebring, maar verdere rentekoersverlagings vir 2009 lyk onwaarskynlik. Die aankondiging het kenners deur die bank verras wat dit eens was dat koerse onveranderd sou bly.

Net drie uit 26 ekonome wat deur Reuters genader is, het voorspel dat koerse kan afkom.

Rentekoerse is tans op dieselfde vlak as in April 2005, op 7%.

Die bank verwag dat inflasie eers in die tweede kwartaal van volgende jaar tot tussen 3% en 6% kan daal vanweë looneise en druk deur die vakbonde. Verskeie het juis onlangs loonverhogings van hoër as 10% vir hul lede beding.

Dubbelsyferloonverhogings sal die eenheidskoste van arbeid verder verhoog terwyl die vervaardigingsektor en kleinhandelverkope voortsukkel onder moeilike handelstoestande en 'n krimpende ekonomie.

Die jongste aankondiging was Tito Mboweni, president van die Reserwebank, se laaste voordat hy die leisels aan Gill Marcus oorhandig. Sedert Desember is rentekoerse reeds met vyf persentasiepunte verminder.

Mboweni het gesê Suid-Afrika se ekonomiese opswaai gaan waarskynlik ook stadiger as elders plaasvind, alhoewel daar tekens van oplewing in die wêreldekonomie is.

best game to play at a casinoпрокурор Фильчаков