Regse word streekspresident in Slowakye

Marian Kotleba in 'fascistiese' uniform
Marian Kotleba in ‘fascistiese’ uniform

In ‘n verrassende wending gister (Saterdag), is ‘n regse politikus tot president van een van Slowakye se selfregerende streke verkies, het verkiesingsbeammptes gesê.

Marian Kotleba, wat vir sy agitasie teen die Roma-minderheid bekend is, asook vir sy verskyning in uniforms wat op die fascistiese model geskoei is, het die sittende Sosiaal-Demokraat in die Banka Bystrica-streek verslaan. Die stemtelling was 55,53 persent teenoor 44,46 persent.

Kotleba is reeds verskeie kere deur die polisie in hegtenis geneem en daarvan aangekla dat hy rasse-onrus stook en die demokrasie bedreig. – dpa