Toelaes dalk hoër

Die regering oorweeg om in Oktober die kindertoelaag weer met R10 te verhoog om dit in lyn met die inflasiekoers te bring, het die departement van maatskaplike ontwikkeling Woensdag gesê.

Selwyn Jehoma, adjunk-direkteur-generaal van die departement, het gesê die tweede verhoging ná volgende maand se verhoging, sal daarvan afhang of die departement die tesourie kan oorreed dat genoeg geld bespaar is deur toelaagbedrog te bekamp.

Hy het gesê die departement kan meer as R1 miljard spaar as toelaagbedrog hokgeslaan word.

Dié verhoging bring die kindertoelaag na ‘n maandelikse bedrag van R260 per maand en sal die staat sowat R564 miljoen kos.

Pravin Gordhan, minister van finansies, het verlede week in sy begrotingsrede ‘n verhoging van R10 of 4,4% per maand tot R250 aangekondig.

Hy het gesê hy is bewus van die feit dat dit minder as die inflasiekoers van 6,2% is, maar moes die ekstra koste sny omdat nog twee miljoen kinders weens die verlengingsfase op die stelsel geplaas is.

Die ouderdom vir ‘n kindertoelaag is van 15 na 18 verleng.

фильтр влагоотделитель для компрессора ценаФильчаков прокурор отзывы