Cope se Odendaal nou by ANC

Cope se voormalige tweede adjunkvoorsitter, Lynda Odendaal, het Sondag aangekondig dat sy by die ANC aangesluit het.

“Ek wil dit duidelik maak dat my besluit om by die ANC aan te sluit, uit vrye wil gemaak is,” het Odendaal tydens ‘n mediakonferensie in die ANC koukus-raadsaal in Gauteng gesê.

Odendaal het in Julie verlede jaar as MP en Cope-lid bedank.

Sy sê sy het vir ses maande onttrek van sake en politiek en het ‘n bestekopname van die land se politieke landskap en die land se maatskaplike kwessies gemaak voordat sy op 2 Februarie by die ANC aangesluit het.

“Ek cope nie meer nie. Ek lewe nou my lewe,” het sy aan ‘n laggende gehoor gesê.

Gauteng ANC-voorsitter, Paul Mashatile, het haar in die organisasie verwelkom. Hy is vergesel deur die provinsiale sekretaris, David Makhuru, en die Sandton se ANC-takleiers.

“Kameraad Lynda is duidelik ‘n leier in haar eie reg,” het hy gesê.

“Daar was geen voorwaarde vir haar aansluiting by die ANC nie.”

Odendaal sal in die Sandton-tak van die ANC werk.

playing slots gamesФильчаков прокуратура харьков