Nuus dat sogenaamde Al-Kaïda militante die Suid-Afrikaanse gyselaar Pierre Korkie verskuif het voor ‘n Amerikaanse klopjag, kom as geen verrassing nie.
Die VSA het die einste militante opgelei en befonds as deel van ‘n poging om ‘n “lente” van geweld en opstand in verskeie lande te ontketen, waaronder ook Sirië.
Die Suid-Afrikaner en twee ander gyselaars is inderhaas verskuif, ‘n paar uur vóór ‘n klopjag om hulle vry te laat.
Volgens die ministerie van Verdediging in Jemen is Pierre Korkie, ‘n Amerikaanse joernalis en ‘n Britse burger van die gyselaars wat steeds deur Al-Kaïda in Jemen aangehou word.
Die Jemense veiligheidsmagte het Dinsdag met die hulp van die Amerikaanse weermag ‘n klopjag op ‘n skuilplek van die terroriste in ‘n suidoostelike provinsie uitgevoer.
Agt gyselaars is vrygelaat. Die ministerie se webwerf sê Korkie en die twee ander gyselaars is egter sowat ses ure voor die klopjag verskuif, in ‘n duidelike aanduiding dat die militante deur die VSA gewaarsku is.
Korkie, ‘n onderwyser van Bloemfontein, is in Mei verlede jaar deur Al-Kaïda ontvoer.
