Katalaanse dorpe stem vir onafhanklikheid

‘n Versameling stadjies, dorpies en gehuggies in die Spaanse streek Katalonië het met ‘n oorweldigende meerderheid gestem vir afskeiding van die res van Spanje. In ‘n opspraakwekkende, maar nie-bindende, referendum het ongeveer ‘n kwart van stemgeregtigdes hulle stemme Sondag uitgebring.

Van dié kiesers stem 94% vir die onafhankliheid van Katalonië. Dat daar oorweldigend “ja” gestem sou word, was te verwagte omdat die referendum gehou is in plekke waar die onafhanklikheidsgees hoog is.

Slegs 10% van alle Katalane het gestem, ongeveer 700 000 mense. Die organiseerders het gehoop vir ‘n opkoms van sowat 40% en ‘n mate van teleurstelling heers dat daar uiteindelik net 25% opgedaag het om hulle stemme uit te bring.

Die oproep om onafhanklikheid in Katalonië kom uit die tydperk van die Spaanse diktator Francisco Franco. Soos die ander Spaanse gebied wat ten tye van Franco onderdruk is, Baskië, was dit ‘n oortreding om ‘n eie taal te besig.

Sedert die dood van Franco in 1975 en die herstel van demokrasie, het Spanje aan dié streke ‘n groot mate van onafhanklikheid toegestaan. In 2006 word ie outonomie van Katalonië verder uitgebrei deur ‘n nuwe handves waarin daar deur indirekte bewoording na Kataloniërs as ‘n volk verwys word.

Die konserwatiewe Spanjaarde het die stap met toorn begroet en opgeruk na die grondwethof in Madrid om die  handves te toets. Die vrees vir die uitspraak in dié betrokke saak , was grotendeels verantwoordelik vir Sondag se referendum wat gehou is.

Die organisasie wil volgende jaar ‘n soortgelyke referendum hou in die Katalaanse hoofstan Barcelona asook in ander groot stede in Katalonië.

uk online casinotopcargo