Iran verhoog sy uraanvoorraad

Image17:09:33 Iran gaan voort met sy kernprogram, het die VN se kernwaghond Woensdag gesê. Op dié manier is die dilemma vir die verkose president Barack Obama van die VSA heelwat moeiliker gemaak, aangesien hy in sy veldtog belowe het om met Teheran in gesprek te tree.

Die mees onlangse verslag van die Internasionale Atoomenergieagentskap (IAEA) het onthul dat Iran met rasse skrede sy voorraad verrykte uraan, wat in wapengraaduraan verander kan word indien hulle 'n kerntoestel wil bou, uitbrei.

Die agentskap sê dat tot vandeesmaand het Teheran 630 kg laeverrykteuraanheksafluoried versamel; dit is 'n styging van die 480 kg wat laat in Augustus vanjaar geboekstaaf is. Analiste sê dat Iran nou teen so 'n hoë spoed uraan verryk, dat hulle teen vroeg volgende jaar uitbreekkapasiteit kan bereik, een stap weg daarvan om 'n kru kernbom te kan bou.

Die IAEA-verslag het ook gesê dat daar 'n verbrokkeling in kommunikasie is tussen die agentskap en Iran oor beweerde navorsing oor 'n atoomwapen.

Die vooruitgang wat Iran maak, verhoog die probleme vir mnr. Obama, wat in sy veldtog belowe het om met Amerika se vyande te praat, alhoewel hy sy aanvangsbeloftes om Iran te ontmoet afgeskaal het na meer algemene bedoelings indien dit Amerika se belange sou bevorder.

Europese diplomate het gunstig gereageer op mnr. Obama se voorstel dat Amerika met Iran praat, maar hulle is gretig om eensydige Amerikaanse aksie te vermy wat die benadering van die vyf permanente lede van die VN-veiligheidsraad en Duitsland sal vernietig.

IAEA-beamptes het gesê dat verhoudinge tussen dié organisasie en Iran reeds so verswak het dat daar in die laaste twee maande reeds geen kontak tussen hulle was nie.

Voor Woensdag se verslag het die Iranse president, Mahmoud Ahmadinejad, aangedui dat sy land sal voortgaan met hulle kernprogram. 

casino on the nettopcargo развод