Die ANC het belowe om beleggersvertroue met bestendige beleidsrigtings te herstel na sy oorwinning in die algemene verkiesing, het RSG berig.
Die ANC se Sekretaris-Generaal, Gwede Mantashe, het die party daartoe verbind dat hy sy beleid duidelik sal uitspel, en verwys na die Nasionale Ontwikkelingsplan.
Die plan stel grootskaalse infrastruktuurprojekte in die vooruitsig en verwerp die nasionalisering van belangrike sektor soos die mynwese.
President Jacob Zuma het reeds gesê die ANC se sterk vertoning by die stembus het aan die party ‘n duidelike mandaat gegee om met die program voort te gaan. Mantashe het ook daarop gewys dat die rand na die vreedsame verkiesing verstewig het en voorspel dat die nuwe kabinet die markte nog verder sal opstoot.
Zuma het intussen gesê sy regering sal hulle daarvoor beywer om dienslewering en transformasie te versnel.
