Het Moskou en Washington ‘n ooreenkoms?

Image

Is dit dalk 'n aanduiding van die houding van die nuwe Amerikaanse administrasie met die klem wat op rasse-ideologie val en nie op meriete nie?

Iemand moes dalk nader gekyk het na die belangrike dokument wat President Obama saamgeneem het na Moskou.

In 'n verklaring wat die Withuis uitgereik het oor die ooreenkoms wat pas tussen Dmitri Medwedef en Obama bereik is oor hoe om die START-verdrag – die sogenaamde 1991 Strategic Arms Reduction Treaty – vir wapenvermindering verder uit te bou, is daar 'n fout.

En die fout behels niks minder nie as die Amerikaanse president se naam.

Volgens die Withuis het 'n sekere Barak, nie Barack nie, Obama die dokument onderteken…

 
Terwyl die Withuis sukkel om die president se naam reg te spel, het die president in sy dogter Malia 'n geleentheid vir gratis publisiteit raakgesien.

Net 48 uur nadat die ooreenkoms tussen Moskou en Washington beklink is, het die elfjarige meisie, twee verskillende t-hemde gedra tydens dieselfde uitstappie na die Kolloseum in Rome.

Die beroemde vredesteken, wat uit 1958 se Campaign for Nuclear Disarmament dateer, was prominent op albei haar kledingstukke te sien.

Obama en sy gesin is in Rome vir die G8-beraad.
 

сауналобановский класс