Pennsilvanië se hoofstad bankrot?

Harrisburg, die hoofstad van Pennsilvanië, is die jongste Amerikaanse stad wat oorweeg om homself bankrot te laat verklaar. Maar, berig die Christian Science Monitor, dit sal dalk nie al stad, of selfs deelstaat, wees wat hierdie opsie volg om ‘n blaaskans by krediteure te verkry nie.

Verskeie deelstate en stede trek noustrop danksy die hoë werkloosheidskoers, met gevolglik minder inkomstebelasting, en ook minder koopkrag wat uit hierdie bron inkomste kan bied. Boonop skaal die sentrale fiskus ook sy bydraes af.

Sou Harrisburg hierdie opsie volg, sal dit die eerste hoofstad van ‘n deelstaat wes wat sedert die Tweede Wêreldoorlog bankrot verklaar word. Orange County in Kalifornië is die grootste plaaslike owerheid wat nog bankrot verklaar is toe dié roete in 1994 gevolg is. Verskeie kleineres het dit al tevore gedoen, en een selfs al twee keer.

Al word hierdie soort bankrotskappe, die sg Chapter 9-bankrotskappe, soms as uitweg gevolg, word dit nie aanbeveel nie. So ‘n bankrotskap benadeel ‘n stad of deelstaat se kredietwaardigheid, en dan word gesukkel om geld vir kapitaalprojekte soos watersuiweringswerke geleen te kry.

Verwerk uit die Christian Science Monitor

детский пазлФильчаков прокурор харьков