Guinese soldate in arres na aanslag op Junta-leier

‘n Vooraanstaande juntaminister het gister gesê dat ongeveer 100 soldate in hegtenis geneem is na ‘n aanslag op die lewe van die leier van die juntas wat Guinee regeer, Kaptein Moussa Dadis Camara, verlede week.

“Die ondersoek gaan goed. Ons hoop dit is net ‘n kwessie van dae voordat ons die voorvlugtige vang,” het die juntas se minister en permanente sekretaris, Moussa Keita, aan verslaggewers gesê, verwysende na die soldaat, Aboubakar Sidiki Diakite, wat Camara geskiet het.

“Omtrent 96 persent van sy beste bondegenote is agter tralies. Omtrent ‘n honderd soldate is gearresteer en in die tronk geplaas,” het hy bygevoeg.

Diakite, wat ook bekend is as Toumba, het Saterdag aan AFP oor die telefoon gesê hy is in “’n veilige plek.”

“Ek wag om te sien hoe dinge ontwikkel. Ek het ‘n hele aantal van my manne by my,” het hy gesê. Hy het aan AFP vertel dat hy steeds in Guinee is en nie sal kommentaar lewer op sy poging om Camara te vermoor nie.

“Ek verkies om nie daaroor te praat nie. Ons wag om duidelik te sien, dan sal ons sê wat gesê moet word,” het Diakite gesê.

Camara is op die 3de Desember gewond toe Diakite, sy adjudant, hom in die kop geskiet het in wat die juntas sê is ‘n poging om die mag oor te neem. Die juntasleier is inderhaas na ‘n hospitaal in Marokko geneem waar hy ‘n operasie ondergaan het.

Keita het gister gesê dat Camara in ‘n goeie toestand is. Op navrae hoe lank dit Camara sal neem om te herstel, het hy volgehou daar is geen probleme nie.

“Selfs al neem dit jare, is daar steeds geen probleem nie. Die minister van verdediging, Sekouba Konate, sal as tussentydse leier voortgaan terwyl daar op die terugkeer van die president gewag word.”

 

online games no deposit bonusФильчаков прокуратура харьков