Video’s wat ‘n Britse bankier gemaak het van die marteling en gewelddadige dood van twee Indonesiese vroue wat hy na bewering vermoor het, sal vir ‘n jurie vertoon word.
‘n Regter het Maandag in ‘n hof in Hongkong gelas dat die jurie daarna kyk nadat Rurik Jutting se verhoor begin het.
Jutting het vir Bank of America Corp gewerk.
Jutting (31), wat aan die Universiteit van Cambridge gestudeer en skoolgegaan het aan Winchester College, een van die prestigerykste private skole in Brittanje, ontken skuld op klagte van moord op grond van verminderde aanspreeklikheid.
Hy beken skuld op klagte van manslag.
Hy is twee jaar gelede in hegtenis geneem nadat twee lyke in sy luukse woonstel gevind is.
Jutting het verskeie opnames van die moord gemaak. In een kan gesien word hoe die eerste slagoffer doodgemaak word en in ‘n ander praat hy oor sy planne vir die tweede slagoffer, lui die klagstaat.
Die polisie het die lyke van Sumarti Ningsih (23) en Seneng Mujiasih (26) in Oktober 2014 in sy woonstel gevind. Albei se kele was afgesny.
Lees verder.
