Reunion eerste vir sonenergiekar

Frankryk se president Nicolas Sarkozy het gesê hy beoog om La Reunion die wêreld se eerste land wat net elektriese karre gebruik, te maak.

Tydens ‘n besoek aan die eiland in die Indiese Oseaan, het Sarkozy aangekondig dat La Reunion ‘n “groot laboratorium” vir omgewingsvriendelike voertuie sal word.

Die oorskakeling na voertuie wat nie op fossielbrandstof staatmaak nie, sal in 2011 begin sodra Renault sy eerste elektriese voertuig bekendstel.

Volgens Renault sal dié voertuie die son se energie inspan.

Hiervoor sal ‘n reeks stasies opgerig moet word wat son-aangedrewe elektrisiteit kan verskaf.

 

абразивный инструмент дляЛобановский