Godsdiensgeweld vlam op in Nigerië

Godsdiensgeweld tussen Christene en Moslems in noord-Nigerië het opnuut uitgebreek nadat ’n bakleiery vroeër vandeesweek sowat 27 mense se lewens geëis het.

Veiligheidsmagte het alle inwoners beveel om tuis agter slot en grendel te bly nadat die polisie en soldate daarin misluk het om die gewelddadige gedrag van oproeriges in bedwang te bring.

Sowat 300 mense is na bewering beseer in dié mees onlangse voorval van religieuse geweld wat Sondag in Jos plaasgevind het.

Dit kom nadat Moslem-jeugdiges ‘n Katolieke kerk aan die brand gesteek het.

‘n Plaaslike Rooikruis-amptenaar het gesê die gewelddadige voorvalle het sowat 5000 mense dakloos gelaat nadat oproerige betogers regeringsgeboue, moskees, kerke en huise aan die brand gesteek het.

 

мембранный расширительный бак для отопленияАлександр Фильчаков прокурор