Drankreus onttrek wyne met glasstukkies

Die drankreus, Distell, is besig om 45 wyne wat van Augustus verlede jaar by sy Bergkelder-aanleg gebotteleer is, weens die gevaar van glasstukkies aan die Suid-Afrikaanse mark te onttrek.

Van sy wyn in sewe ander lande, waaronder twee van Suid-Afrika se belangrike wynmarkte, Brittanje en Swede, word ook onttrek.

Agente in Japan het Distell in kennis gestel dat glasstukkies tydens ’n gehaltetoets in van die wyn gekry is.