Meer as 224 motors wat in Suid-Afrika gesteel is, is in buurlande teruggevind, het die Valke Maandag gesê.
Die motors is sedert 1 Maart deur die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke, oftewel die Valke in samewerking met Interpol en hul streeksvennote gevind, het Musa Zondi, woordvoerder van die Valke gesê.
Dit motors was in Lesotho, Mosambiek, Swaziland, die Demokratiese Republiek van die Kongo en ook in Zambië gevind, het hy in ‘n verklaring gesê.
