Die kragtige kreet van ‘rassisme!’

ImageRassisme is opnuut voorbladnuus in Suid-Afrika. Gister was Menseregtedag. Politieke partye aan die linkerkant van die spektrum het, soos verwag, te velde getrek teen die sogenaamde rassisme wat glo nog hoogty vier in Suid-Afrika. Die sogenaamde walgvideo word dikwels as ‘n voorbeeld genoem van rassisme. (Die VF+ het wel die ware rassisme wat in Suid-Afrika gepleeg word, SEB en RA, uitgelig.)

Rassisme beteken uiteraard verskillende goed vir verskillende mense. Vir my is die weglating van André Nel uit die Proteaspan ‘n voorbeeld van die mees naakte anti-blanke rassisme denkbaar, waarvolgens ‘n minder talentvolle speler, Charl Langeveldt, bó Nel verkies is, bloot omdat Nel ‘n wit vel het. Nel is dertig jaar oud. In 1994 was hy te jonk om ooit te gestem het vir enige sogenaamde apartheidsregering. Die staatsrassisme bekend as regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging is vir my nog twee voorbeelde van die mees blatante swart-op-wit rassisme denkbaar.

Kennelik is my siening van rassisme ‘n uiters naïewe een, en een wat spreek van ‘n ontkenning van die politiek-korrekte siening. Luidens hierdie siening kan rassisme slegs van een kant af kom: blank teenoor swart. Of die feite en die realiteit op die grond dit weerspreek, is nie ter sake nie. Vir die liberale, die politiek-korrekte en veral vir die ANC regime is rassisme slegs moontlik wanneer dit vanuit wit geledere kom.

Swartes is immer en ewig die slagoffers van rassisme, die onderdruktes, diegene wat uitgebuit word. Weer eens: dit maak nie saak dat Patrice Motsepe, wat onverdiend miljarde rande se mynbou-bates op ‘n skinkbord ontvang het sonder enige noemenswaardige bydraes van sy kant af nie, op Forbes se onlangse voorblad verskyn as ‘n voorbeeld van ‘n nouveau-biljoenêr nie. Ook hy, Motsepe, is glo ‘n slagoffer van sogenaamde blanke rassisme.

Senator Barack Obama kan heel moontlik die volgende Amerikaanse president word. Soos verwag is swartes bykans eenparig agter Sen. Obama verenig. So ook, verbasend genoeg, jong, “opgevoede” blankes – ongetwyfeld diegene wie se denke gekontamineer is deur die Marxistiese professore aan Amerikaanse universiteite. Hulle wie se brein die begrip van wit skuld en swart skade hulle eie gemaak het.

Obama is egter nie sonder sy omstredenheid nie. Hy is al twintig jaar lid van ‘n swart kerk, met ‘n pastoor wat homself baie tuis sal voel in die Black Pantherbeweging. Pat Buchanan word op die blad American Renaissance aangehaal in ‘n striemende aanval op Senator Obama en sy pastoor.

Blankes moet volgens Obama se pastoor, Eerwaarde Jeremiah Wright, boete doen vir die onregte wat Amerikaanse swartes glo aangedoen is. Vir twintig jaar reeds luister Senator Obama na die volgende retoriek, sonder dat Obama tot dusver enige woord in protes geuiter het:

“The “white community” must invest more money in black schools and communities, enforce civil rights laws, ensure fairness in the criminal justice system and provide this generation of blacks with “ladders of opportunity” that were “unavailable” to Barack’s and the Rev. Wright’s generations.”

Obama is deur Wright in die huwelik bevestig, en sy kinders is deur Wright gedoop. Oordeel gerus self hoe erg Obama van Wright verskil.

Kom ons neem vir ‘n oomblik ‘n tree terug. Daar is hoegenaamd geen twyfel dat die dertig tot veertig miljoen Amerikaanse negers by verre die rykste en mees suksesvolle swart gemeenskap op aarde is nie. Swart Amerikaners se per capita-inkomste oortref blanke Suid-Afrikaners s’n met ‘n faktor van twee tot drie. Daar is geen perke aan die moontlikhede vir swartes nie. Generaal Colin Powell kon, as hy sou wou, vise-president gewees het, en moontlik president in 2009. Condoleezza Rice is die Amerikaanse minister van buitelandse sake. Beide is Republikeine, terwyl die Demokrate tradisioneel die swart steun kry. As dit so sleg gaan in die VSA, waarom emigreer Amerikaanse swartes nie bloot na swart paradyse soos Liberië of die Ivoorkus nie, vra ek myself af?

Weer eens: swart Amerikaners is ryker as blanke Suid-Afrikaners. Hulle kan generaals, presidente en ministers van buitelandse sake word. Nietemin bly die aandrang bykans onveranderd: gee, gee, gee! As blankes weier om op te offer, as hulle weier om te gee, is die kreet “rassis!” altyd ‘n kragtige manier om blanke skuldgevoelens te mobiliseer.

Soos Pat Buchanan dit egter stel: “Is white America really responsible for the fact that the crime and incarceration rates for African-Americans are seven times those of white America? Is it really white America’s fault that illegitimacy in the African-American community has hit 70 percent and the black dropout rate from high schools in some cities has reached 50 percent?

Is that the fault of white America or, first and foremost, a failure of the black community itself? ”

As mens die bostaande ekstrapoleer na Suid-Afrika, is dit skrikwekkend duidelik dat die blanke liberaal, die Max du Preez’s en Sampie Terreblanche'e van die lewe, se skuldgevoelens totaal en al misplaas is. Suid-Afrika se swartmense is by verre die rykstes op die kontinent. Hongersnood, ook onder swartes, is bykans onbekend in Suid-Afrika, terwyl dit ‘n wesentlike gevaar is in bykans enige ander swart land op die kontinent. Suid-Afrika se klaende swartes is in der waarheid by verre die rykste swartmense, buiten Amerikaanse negers, op die planeet.

As Suid-Afrika se swartes werklik so sleg daaraan toe is, hoe verduidelik mens dan die geweldige toestroming van een miljoen onwettiges wat die land jaarliks binneval? Is al daardie onwettige immigrante swart masochiste wat ‘n drang het om aan blanke rassisme onderworpe te wees, of is hulle ekonomiese realiste wat deeglik besef Suid-Afrika se swartmense kla met ‘n mond vol kos oor blankes se verbeelde rassisme?

Die aantyging dat Suid-Afrikaanse swartes sogenaamd gebuk gaan onder die nalatenskap van apartheid, kan insgelyks met die minagting wat dit verdien, verwerp word. Waar op dees aarde het dit al ooit gebeur dat ‘n swart volk hom oor ‘n blanke volk ontferm het, soos die vorige regering homself oor swart volke ontferm het? Die onlusstokers van 1976 het heelwat skole wat met die blanke se belastinggeld opgerig is, in ligte laaie gelaat. Ek daag egter enige linkse of liberaal uit om één skool te noem wat deur swartmense vir blankes opgerig is, enige plek op aarde. Ek kan wel aan die Oprah-akademie dink, maar dis ‘n skool op rassistiese wyse slegs vir swartes opgerig.

Aan diegene wat bly volhard in die geklike bestorming van windmeule, vra ek die volgende vraag: siende dat Suid-Afrikaanse blankes gemiddeld armer is en ‘n laer inkomste verdien as Amerikaanse swartes, maar laasgenoemde nog steeds ontevrede is oor hulle lot, watter moontlike doel dien dit om as blanke skuldgevoelens te koester?

Gaan dit enige doel dien vir blankes om al ons bates te verkoop – u huis, kar, meubels, rekenaar, versekeringspolisse – en dit aan swartes te oorhandig? Sal hulle dán tevrede wees?

балансировочное и шиномонтажное оборудованиелобановский александр интервью