Derde Centurion-rower sterf

Die oorlog in die strate van Suid-Afrika het gister weer in volle geweld gewoed. In Centurion (voorheen Verwoerdburg) het sewe swaar gewapende rowers ’n Eerste Nasionale Bank in die Centurion Mall beroof, waarna ’n skietery met die polisie uitgebreek het.

Strate is op verskeie plekke afgesper en verkeersopeenhopings het tot laat geduur.

Twee van die rowers is aanvanklik doodgeskiet en ’n derde het later op pad na die Pretoriase Akademiese Hospitaal (voorheen die H.F. Verwoerd-hospitaal) beswyk. Vier ander rowers bevind hulle tans onder polisiebewaking in die hospitaal. Hulle is insgelyks gewond tydens die skietery met die polisie nie lank nadat hulle van die bank af in ’n wit Mercedes-Benz weggevlug het nie.

“Lede van die nasionale intervensie-eenheid en spesiale taakmag het ’n wit Mercedes-Benz raakgesien wat as jaagmotor gebruik is, maar toe hulle naderkom het die bende losgebrand terwyl hulle wegry,” het kaptein Dennis Adriao, nasionale segsman van die polisie, gesê.

’n Hoëspoedjaagtog deur Markstraat het gevolg, met die polisie en bende wat mekaar se vuur beantwoord.

“Maar die bende se motor is tot stilstand gebring… twee mans is doodgeskiet, die ander het op pad hospitaal toe gesterf en vier ander is gewond.”

Volgens Adriao het die polisie beslag gelê op ’n AK47 en ses ander wapens toe die rowers se motor deursoek is.

Geen van die ENB-werknemers of kliënte is in die rooftog beseer nie.Komm. André Pruis, nasionale adjunk-polisiehoof, wat die toneel van die skietery besoek het, het verklaar dat “alle suksesse uitstekend is”. Hy het die lede persoonlik geluk gewens met hul vangs.

“Ons het gesê ons gaan konsentreer op rowers en dit is presies wat ons hier gedoen het. As hulle wil roof, dan moet hulle wag en sien wat gebeur,” het hy voortgegaan.

строительство саунФильчаков