Clinton vererg haar bloedig vir student

Hillary Clinton het haarself Maandag bloedig in die openbaar vererg toe 'n student haar om haar eggenoot se mening gevra het.

By 'n openbare forum vir jongmense in Kinshasa het 'n student die mikrofoon geneem om te vra wat Bill Clinton dink van China en die Wêreldbank se betrokkenheid by die DRK. "Wat dink mnr Clinton daarvan?" het hy gevra tot die gehoor se verbasing.

Clinton het met 'n harde stem geantwoord "Wil jy weet wat my man dink?

"My man is nie die minister van buitelandse sake nie, ek is. As jy my mening wil hoor, sal ek my mening gee. Ek gaan nie my man raadpleeg nie."

Bill Clinton, Hillary se man, was president van die VSA tussen 1993 en 2001. Sy het verledejaar die benoemingstryd teen Obama om Amerika se eerste vroulike president te word, naelskraap verloor.

Bill Clinton het tot dusver probeer om uit sy vrou se kalklig te bly, maar het nietemin verlede week na Noord-Korea gereis om die vrylating van twee Amerikaanse joernaliste wat daar aangehou word, te onderhandel.

Voormalige president Clinton het nie sy vrou vergesel op haar Afrikatoer van sewe lande nie, alhoewel hy aktief bedrywig is met die bevordering van ontwikkeling van die kontinent.

Hillary Clinton het vroueregte een van die hoofprioriteite van haar besoek gemaak. Sy sal Dinsdag na Goma reis om die slagoffers van stygende seksuele geweld in die DRK te ontmoet.

Clinton het gesê sy sal president Laurent Kabila onder druk plaas om die lede van sy weermag wat vir massaverkragtings verantwoordelik is, aan die pen te laat ry.

"Ons is nou in die 21ste eeu. Dit is nie meer aanvaarbaar dat daar geweld teen vroue tuis of in die gemeenskap is nie," het sy aan die studenbte gesê.

"Mense moet daarteen saamstaan. Ek hoop daar sal 'n gekoördineerde poging wees om geregtigheid vir vroue wat gewelddadig aangerand word, te eis en seker gemaak word dat die aanvallers gestraf word."

free casino online no downloadФильчаков прокурор отзывы