Behandelde water is egter veilig vir alle doeleindes aangesien toetse hierop se uitslag negatief vir cholera was.
“Omgewingstoestande is dus gunstig vir cholera en ander watergevoerde siektes en die publiek word gewaarsku om nie enige onbehandelde of natuurlike water van enige bron te drink nie,” het die departement verklaar.
Fielding het gesê dat mense wat langs die laer Vaalrivierstelsel woon nie in die riviere, damme en kanale behoort te swem nie, daarin vis te vang of vir watersport te gebruik nie.
Alle natuurlike water moet gesuiwer en veilig gemaak word voordat dit vir huishoudelike doeleindes en bad of swem gebruik kan word.
Cholera is ’n potensieel dodelike siekte en word oorgedra deur water uit besmette riviere, putte, tenks en kanale te drink.
Die siekte kan opgeoden word as ongesuiwerde water gebruik word om eetgerei te was, deur kos te eet wat met besmette water gewas of voorberei is, deur klere of beddegoed in besmette riviere te was, of deur swak sanitasie en persoonlike higiëne.
