Psigies weerbaar of nie?

Anton Barnard se rubriek oor Malema het betrekking.

Ek stem saam, Malema maak gewis ‘n paar liberaliste se geroeste realiteits-ratte los. Realiteit begin deurskemer by sommige, maar helaas, die roesweermiddel wat hy spuit, is goedkoop en het slegs ‘n beperkte lewensduur.

Ek dink dat die optimisme daaroor, voortydig is. Die psige van die deursnit Afrikaner is steeds siek. Al hierdie ”gerehabiliteerde” of dan eerder ontnugterde Afrikaner humaniste, sal soos die Madiba-junkies wat hul is, terugkeer na die almal-is-eners-gekkespel sodra een swarte met aansien, weer ‘n paar troos en troetelwoorde uitdeel en blanke koppies en ego’s streel.

Daar is natuurlik vele wat my realisme in hierdie verband sal afkraak as pessimisme. Maar kom ons dink ‘n bietjie hieroor:

Gebrekkige geestesweerbaarheid

Die deursnit Afrikaner was nie geestesweerbaar genoeg, om die dekades lange sielkundige aanslag teen hom, deur staat, media, onderwys en kerk, te identifiseer nie en dus ook nie weerbaar genoeg, om bestand te wees daarteen, of om die aanslag te beveg nie.

·    Daarom het die meerderheid destyds “JA” gestem.

·    Daarom beskerm die meerderheid JA-stemmers van ouds, steeds vandag hul stommiteit van die verlede, deur valse skrikbeelde voor te hou van wat sou gebeur, as hul nie so “wys” was om JA te stem nie. Dit ten spyte van die moordadige en volksvernietigende realiteit wat daagliks in die gevolglike Nuwe Swart Suid Afrika, om ons afspeel!

·    Daarom stem ‘n wesentlike aantal Afrikaners vandag, vir ‘n anti-Afrikaner Party soos die DA. Dit terwyl die DA topstruktuur en poppemeesters, gegewe die geleentheid, self die Afrikanervolk van die aardbol sou afveeg.

·    Daarom stem ‘n klomp Afrikaners selfs vir die ANC, wat die Afrikaner as volk wil uitwis. Hetsy deur verbastering en assimulasie, verwildering en emmigrasie, of  ‘n rasse-oorlog en fisiese uitwissing, soos wat die gevolg sal wees, as huidige opstoking van ANC en PAC leiers, tot natuurlike volbringing sou kom. Nietemin, hoe dit ookal sy: Afrikanervolksmoord is die gevolg!

·    Daarom beskou en hanteer Afrikaner “leiers” steeds die ANC as politieke teenstanders in plaas van dit wat hulle is: Vyande van ons volk!

·    Daarom stem sommige Afrikaners nou vir COPE, wat gegewe die geleentheid, presies soos die ANC sal maak,

·    Daarom gryp die een na die ander sogenaamde pro-Afrikaner “maatskappy”, kortstondig na verwerwing van “genoegsame” Afrikanersteun, na die strooihalms wat die ANC na hul uithou. Strooihalms wat strategies geposisioneer word, om die Afrikaner verder oor die afgrond van volksidentiteitsverlies en dus volksoorlewingsverlies, te lok.

·    Daarom is Afrikaner sentiment steeds negatief teenoor die enigste klein groepering Afrikaners, wat sedert die 1960’s tot vandag, geestesweerbaar was, die gevaar geidentifiseer het, die volk probeer waarsku het, maar steeds vandag, soos in die verlede, teen ‘n muur van Afrikanerontkenning en selfs hoon, vasloop.

·    Daarom soek die ontnugterdes gedurig na een of ander nuwe magiese party en leierskap om hul te red, maar ignoreer hulle die party en groep mense, wat geneties en psigies bestand was en steeds is, teen die vyande van ons volk.

Onmagtigde Malema is nie die regte medisyne nie.

Om die waarheid te sê, die meerderheid ontnugterde alle-rasse-is-gelyk-junkies, is steeds lede van die Madiba-sekte. Net soos wat die ANC enige iets wat verkeerd gaan, valslik op blankes se doene en late blameer, presies so, dig die Madiba-junkies nou net alles wat aan hul geindoktrineerde voorspoed appelkar ruk, aan Malema toe. En hulle glo valslik dat “genesing” sal spruit uit ‘n stilgemaakte Malema.

Slu Malema en persoonlike voordeel.

Elkeen wat glo Malema is die probleem, of die oorsaak vir die bedreiging teen Afrikaners en Blankes, is steeds so geestesonweerbaar, as toe hul die NP se volksverraad as die nuwe hemel aangeprys het.

Malema is slegs ‘n spreekbuis, wat die deursnit swartes se blanke haat en jaloesie en voortspruitende blankevernietigingsdrang begryp en slu genoeg is, om dit tot sy eie voordeel aan te wend.

As hy van die toneel af verdwyn of verwyder word, sal daar slegs ‘n nuwe Raka opstaan.

(Dit sal wees soos in ‘n krieketwedstryd wanneer ‘n paaltjie geneem word… die momentum neem kortstondig af, maar die spel gaan voort. Sodra die nuwe kolwer sy oog ingespeel het, slaan hy maar weer met reëlmaat grenshoue. Die hele span moet uitgehaal word om die wedstryd te wen!  Ongelukkig is daar multi-miljoene meer as elf vyandige kolwers.)

Hier is sommige feitemedisyne, wat indien getrou en gereeld ingeneem word, geestesweerbaarheid sal begin herstel:

Verstaan die swart psige.

Mugabe is ten spyte van die totale vernietiging van sy land, wrede diktatuur en gevolglike lyding van sy burgers, swart burgers ingesluit, ‘n Afrika held van voorvadergeestelike proporsies.

En dit is slegs so, omdat hy die blankes in sy land opgevoeter het!

Mugabe is selfs gewilder as Mandela onder swart Afrikane/Negroide, alhoewel min “meningsvormers” dit besef, sal erken of sal rugbaar maak.

Dis slegs in sy eie land waar die “profeet” Mugabe deur min of meer die helfte van sy volk, nie ge-eer word nie. Maar gegewe die keuse, blank gedrewe voorspoed versus swart ellende, bedrewe voorgehou as swart gedrewe voorspoed, sal die absolute meerderheid van hierdie negroide, Mugabe se godheid eer.

Die swart massas, swart verenigde vakbonde en kommunistiese steun wat Zuma gekry het om Mbeki te ontroon, was slegs gegrond op swartes se hoop en geloof, dat Zuma die blankes en kapitaliste, se bates vinniger sal plunder en herverdeel onder swartes. Sy versuim of slakkepas tot op hede, sal sy gewildheid onder swartes laat taan en tot sy ondergang lei.

Dit sal die lot van elke swart opvolger wees, totdat daar een swart “messias” opstaan, wat die swart massas en kommuniste gee wat hul wil hê!

Die ANC regime se stilswyende goedkeuring van Mugabe se vergrype, toon hul eie verskuilde agenda en aspirasies.

Malema se gewildheid onder swartes van alle klasse, spruit uit sy self geskepte beeld, dat hy wel die blankes en kapitaliste se bates sal plunder en sal herverdeel na swartes. Malema sal swart held status verwerf, as hy doen wat hy voorhou as sy beleid en hy sal swartgodstatus verwerf en behou, as hy swartes op een of ander stadium van die proses, toelaat om blankes, blanke besighede, blanke plase en blanke huise en of buurte, fisies aan te val en te plunder.

Malema is nie die enigste swarte wat hierdie geheim tot swart politieke sukses ken nie. Daar is verskeie ander swart leiers wat die resep ken en volg, maar slegs minder sigbaar is, as gevolg van minder media blootstelling en of as gevolg van die kleiner platform waarop hul beweeg.

In die afgelope paar maande het meer as een ANC leier en ‘n paar PAC meningsvormers, dreigemente teenoor Afrikaners en blankes gemaak, rakende die “Tweede Rewolusie” of fisiese blanke volksmoord. Dreigemente om blankes af te pers en te dwing om hulself en bates vrywilliglik te “herverdeel” en ondergeskik te stel, aan swart magsug en hebsug. Dreigemente wat deur die ruggraatlose media ondergerapporteer is, ten einde nie die alarmklokke by blankes te laat lui nie. Dreigemente van die werklike “Uhuru”, terwyl blanke politici mooi broodjies bak en doekies omdraai…

Najagers van swart politieke gewildheid en die buit wat daaruit meeval, is besig om die swart-massa-monster, se kettings los te knip, in hul interne wedloop na die voorste sitplekke by die plunderpot. Met die gevolg dat wanneer die monster die laaste kettings afsmyt, niemand hom meer sal kan beheer nie.

Swart onderlinge stryd, magsug en hebsug, aangevuur deur hul haat en jaloesie teenoor blankes, sal op een of ander stadium daartoe lei, dat die swart monster vrygelaat word.

Dis soos ‘n fanatieke terroriste organisasie met ‘n gebuite kernbom… iemand gaan een of ander stadium daardie bom plant en die knoppie druk!

Die enigste maniere om dit te verhoed, is:

–    om die bom af te neem en terug te besorg, onder beheer van sy verantwoordelike eienaars,

–    om die bom skadeloos te stel en dan onherstelbaar uit mekaar te haal,

–    om ‘n beheerde ontploffing te reël, ver weg van eie grondgebied en mense.

Maar ja, Malema is tans ‘n groter blanke wekker en realiteitsskepper as enige Afrikaner”maatskappy”. Kom ons hoop, glo en vertrou, dat die wat wakker word, wakker bly en nie weer deur valshede soos liberalisme en humanisme, aan die slaap gesus word nie!

Kom ons hoop, glo en vertrou, dat die ontwaakte Afrikaners hul in massa en in eensgesindheid, sal skaar by Afrikaner”maatskappye” wat daadwerklik daaraan werk om ons vryheid, veiligheid en voorspoed, op eie grondgebied te bewerkstellig.

Kom ons hoop, glo en vertrou, dat die Afrikaner se geestesongesteldheid nou genees en dat die genesing, in plaas van die siekte, van nou af aansteeklik is!

Kom ons hoop, glo en vertrou…

оборудование россиялобановский александр игоревич