China doen ‘n beroep om te ‘de-Amerikaniseer’

Lagarde besoek die Golfstateraad
Lagarde besoek die Golfstateraad

Die dreigende vooruitsig van ‘n Amerikaanse skuldkrisis het China genoop om te eis dat die wêreld “de-Amerikaniseer”, te midde van waarskuwings van ‘n nuwe wêreldwye resessie.

In China, het Xinhua, die amptelike regeringsnuusagentskap, gesê dat indien Amerikaanse politici voortgaan om die dooiepunt te ignoreer, “dit dalk ‘n goeie tyd is vir die deurmekaar wêreld om te begin oorweeg om ‘n gede-Amerikaniseerde wêreld te bou”.

Christine Lagarde, die hoof van die Internasionale Monetêre Fonds, het die spook van ‘n herhaling van die 2008 finansiële ineenstorting laat loop en gesê ‘n oplossing van die krisis oor die skuldplafon en gedeeltelike regeringsluiting is dringend nodig.

In 2008 moes belastingbetalers sekere banke ondersteun wat weens swak en roekelose bestuur anders sou ondergaan.

Die onderhandelinge tussen die Withuis en die Republikeine in die laerkamer duur voort.

Jack Lew, die Tesouriesekretaris, het gesê die VSA se geld sal Donderdag opraak om sy rekeninge te betaal as die Kongres nie ‘n hoër plafon in die federale leningsperke magtig nie.

Lagarde het haar waarskuwing oor die impak van die versuim om die skuldplafon te lig herhaal tydens die fonds se jaarlikse vergadering van ministers van finansies in Washington.

“Die gebrek aan sekerheid, wat ‘n gebrek aan vertroue in die VSA handtekening is, sal massiewe ontwrigting in die wêreld beteken,” het sy gewaarsku. Nog ‘n groter en meer ernstige wêreldwye resessie is nie uitgesluit nie, volgens Lagarde.

Xinhua het Amerika se voorste posisie in die wêreld aangeval, en bygevoeg dat “sulke ontstellende dae terwyl die lot van ander in die hande van ‘n roekelose nasie is, moet word beëindig word.”

Suid-Afrika se minister van finansies, Pravin Gordhan, het ook sy kommer uitgespreek oor die skielike ommeswaai in sentiment teen ontluikende markte. Hy het in Washington gepraat waar hy die IMF-vergadering bywoon.

Gordhan is aangewys as die finansies-minister van die jaar in Afrika suid van die Sahara deur ‘n webwerf vir ontluikende markte emergingmarkets.org onder meer sy hantering van die wêreldwye finansiële krisis van 2008.