Aanklaers wil Bemba met moorde, verkragtings verbind

Image

Jean-Pierre Bemba

Aanklaers het Woensdag in die internasionale strafhof gepoog om 'n voormalige visepresident van die Kongo, Jean-Pierre Bemba te verbind met moorde en verkragtings waarvan sy milisie in die Sentraal-Afrikaanse Republiek beskuldig word.

"Jean-Pierre Bemba en die voormalige president van die Sentraal-Afrikaanse Republiek, Ange Felixe Patasse, het op 'n gemeenskaplike plan besluit met die bedoeling dat misdade gepleeg word," het aanklaer Cynthia Tai op die derde dag van 'n verhoor geargumenteer. Die doel van die verhoor was om te bepaal of Bemba verhoor moet word vir oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom.

"Hy is verantwoordelik vir die misdade waarvan hy aangekla word…as medepligtige." Die aanklaers het gepoog om 'n direkte skakel te plaas tussen Bemba en die misdade, wat klaarblyklik uitgevoer is deur sy rebellebeweging, die Movement for the Liberation of Congo (MLC), in die land tussen 2002 en 2003.

Aanklaers beweer Bemba het sy MLC soontoe gestuur op versoek van Patasse, om te help om die staatsgreep wat deur generaal Francois Bozize gelei is te onderdruk.

Bemba se verdediging het beweer dat die saak deel van 'n politieke sameswering teen hom was, dat sy milisie werklike soldate was wat ontplooi was om 'n polities verkose regering te beskerm en dat hulle onder Patasse se bevel was.

Tai het Woensdag aan die regters gesê dat Bemba nooit sy milisie onder die bevel van Patasse geplaas het nie,en dat hy regdeur die hele operasie betrokke was.   

online gambling gamesФильчаков