Franse president gaan Olimpiese openingseremonie bywoon

ImageDie Franse president Nicolas Sarkozy gaan die openingseremonie van die Olimpiese Spele bywoon.

Hy sal sowel die Europese Unie as sy eie land verteenwoordig.

Verhoudings tussen die twee lande is deur pro-Tibet-betogings in Frankryk versuur.

Een amptelike Sjinese koerante het verlede week gesê dat die mense in China eenvoudig nie die Franse president by die Olimpiese Spele wil sien nie.

Inwoners van Beijing het gesê dat hulle deur die anti-Chinese betogings in Frankryk verneder voel.

Gordon Brown van Brittanje gaan die sluitingseremonie bywoon.

дизайн баниАлександр Фильчаков прокурор

Bush gaan na Olimpiese openingseremonie

President George W. Bush het Sondag gesê dat hy die openingseremonie van die Olimpiese Spele gaan bywoon want hy wil nie die Chinese volk in die gesig vat nie.

Die eerste minister van Japan, Jasoeo Foekoeda het aangekondig dat hy ook gaan.

Menseregtevoorstanders staan 'n boikot van die Spele voor om teen China se beleid in Soedan en Tibet beswaar te maak.

Bush het gesê dit sal 'n geleentheid vir hom wees om Amerikaanse te ondersteun.

Ander wêreldleiers, waaronder Angela Merkel en Gordon Brown, gaan die openingseremonie misloop.free slots onlineФильчаков Харьков

Russe oorheers Comrades

Image

Leonid Sjwetsof

Die Russiese atleet Leonid Sjwetsof het die opwaartse rekord by vanjaar se Comrades-marathon met 47 sekondes verbeter binne 'n tyd van 5 ure, 24 minute en 48 sekodes.

Die Poolse hardloper Jaroslaw Janitsjki het tweede en die Zimabwiër Stephen Muzhingi derde geëindig voor 'n juigende skare by die Ovaalstadion in Pietermaritzburg.

Russiese vroue het skoonskip gemaak in die vrouewedloop deur die eerste, tweede en derde plekke in te neem. Elena Noergaliewa was die wenner, gevolg deur haar tweelingsuster. Tatjana Zirkowa het in die derde plek by die wenpaal verby gedraf.

Verlede jaar het Sjwetsof die afwaartse rekord geslaan.

starлобановский харьков